Search

Grimering vir 'n Plaasmeisie

Begin jou hart waar die teerpad eindig? My man sê altyd ek dink mos ek is so tipe meisie omdat ek as kind op ‘n plaas gebly het. Ek is eintlik net ‘n plat-op-die-aarde meisie wat nie regtig enigiets van grimering geweet het totdat ek begin werk het nie. Indien hierdie jy is – is hierdie volgende paar wenke net vir jou!

Jy het eintlik net 5 goed nodig – Onderlaag, blosser, oogomlyner, maskara en lipglans.

1. Onderlaag

Maak seker dat jy die regte kleur op jou vel gebruik. ‘n Ligter kleur werk gewoonlik goed vir my omdat my vel baie lig is. Maak seker jy wend die onderlaag egalig aan sodat dit nie lyk of jy ‘n masker aanhet nie 😊 YARDLEY Airbrush Found NATURAL is net die produk vir jou indien jy nie gewoond is aan onderlaag nie. Dit is baie lig ,bly tot 16uur op jou vel en het ook sonskerm in.



2. Blosser

Ek gebruik Sweetie Pie van Yardley – Begin op die appel van jou wang met ‘n blosser kwas en wend ‘n ligte strokie aan jou wangbeen – Ek het nie baie tyd in die oggend nie so ek vat sommer my vingers en maak seker dat dit egalig op my wang is en nie te donker is nie.



3. Oogomlyner

Hierdie is uit en uit jou keuse – Jy kan ‘n oogomlyner gebruik sou jy wou. Ek wend altyd die oogomlyner aan die waterlyn van my oog anders kan ‘n mens vining ‘n fout maak om te veel aan te sit. Die waterlyn bied ‘n regguit dun lyntjie om mee te werk veral as jy nie regtig gewoond is aan baie grimering dra nie. Gebruik gerus YARDLEY Gel Retractable Eye Pen BLACK. Jy kan nie verkeerd gaan nie!



4. Maskara

Hierdie is seker die maklikste om te gebruik! Begin altyd met jou onderste wimpers en dan die boonste – Jy kan dit so 3 lagies gee. Yardley Lash Infinity Maskara is 'n fantastiese produk om jou wimpers langer te laat vertoon!



5. Lipglans

Laaste, maar nie die minste nie. Kry vir jou ‘n mooi natuurlike lipglans om jou grimering af te rond. YARDLEY Lip Lustre Lipgloss HIGH SOCIETY is mooi natuurlik en nie te donker vir deur die dag nie.


En daar het jy dit! Grimering vir ‘n plaasmeisie in ‘n neutedop! Moenie bang wees om te eksperimenteer nie. Wees waaghalsig – Jy sal vining vind wat vir jou werk en wat nie.

Tot volgende keer.

Plaasmeisie van Plett x

15 views0 comments
THIS OR THAT
HELP
FOLLOW US
JOIN OUR COMMUNITY

© 2020 by This Or That